
Putin hou Trump aan ‘n lyntjie, sê kenners
Loading player...
Russiese president Vladimir Putin het by die Shanghai Samewerking-organisasie se beraad in China gesê hy en Amerikaanse president Donald Trump het in Alaska tot 'n verstandhouding gekom oor 'n einde aan die oorlog in Oekraïne. Analiste glo egter dat Putin die opperhand het en Trump aan 'n lyntjie hou. Dit is omdat Trump se dreigemente van ernstige sanksies nie gerealiseer het nie, ten spyte van verskerpte Russiese aanvalle op Oekraïne. SkyNews het met die voormalige Russiese premier, Mikhail Kasyanov, gepraat, wat sê daar is nie 'n kans dat Putin Oekraïne se Volodomyr Zelensky alleen sal ontmoet nie.

