
NamPost stel nuwe digitale rekening bekend
Loading player...
NamPost, in vennootskap met die finansministerie, is besig om 'n nuwe digitale toelae-rekening bekend te stel. Dit is volledig biometries, gereed vir kitsbetalings en gratis vir begunstigdes. Die rekening sal gebruikers ook toegang gee tot spaar-, versekerings- en leningsprodukte, terwyl dit steeds voldoen aan nasionale bankregulasies. Nampost-woordvoerder Gladwin Groenewaldt het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

