
Okahandja-jeug aangespoor om Nasionale Jeugfonds te gebruik
Loading player...
Jongmense in Okahandja het begin voorberei om gebruik te maak van die Nasionale Jeugfonds van 257 miljoen Namibiese dollar, wat deur die regering gestig is om jeugwerkloosheid te bekamp. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die gemeenskapsaktivis Sydney Gariseb die jeug aangespoor om hierdie geleentheid aan te gryp en die beskikbare ondersteuning ten volle te benut.

