
Landbouministerie, Unam gaan saamwerk by groenskemas
Loading player...
Die ministerie van landbou het 'n komende vennootskap met die Universiteit van Namibië aangekondig wat daarop gemik is om boere-opleiding te versterk en produktiwiteit in die land se groenskemas te verhoog. Landbouminister Inge Zaamwani het aan die einde van 'n presidensiële besoek aan die groenskemas in die noordelike streke die belangrikheid beklemtoon om boere toegang te gee tot kort, nie-diplomavlak opleidingskursusse.

