
Grootste militêre parade ooit vandag in China
Loading player...
Alle oë is vandag op Beijing, waar Chinese president Xi Jinping gasheer is vir die Russiese president Vladimir Putin en die Noord-Koreaanse leier Kim Jong Un by een van die grootste militêre parades ooit. Die parade is ter viering van die 80ste herdenking van die einde van die Tweede Wêreldoorlog na die oorgawe van Japan. Dit is die eerste keer dat die drie leiers mekaar saam ontmoet. Sky News se Dominic Waghorn verduidelik waarom dié ontmoeting van belang is.

