
Motorbedryf in SA staan voor ‘bloedbad’
Loading player...
Die vakbondfederasie Saftu sê die motorbedryf staan voor 'n bloedbad ná Ford se plan om poste by sy Pretoria-aanleg in Gauteng te sny. Die federasie het by die metaalwerkersvakbond, Numsa aangesluit om die afleggings te veroordeel en waarsku dit volg op die hakke van besnoeiings by Mercedes-Benz en ArcelorMittal Suid-Afrika, wat die land se nywerheidsbasis bedreig. Saftu se woordvoerder, Asive Dyani, doen 'n beroep vir 'n noodberaad om afleggings te stop, regeringsubsidies aan motormaatskappye te hersien, en werksgeleenthede te beskerm:

