
Nida verhoog salarisse met 5%
Loading player...
Werknemers by die Namibiese Nywerheidsontwikkelingsagentskap, of Nida, gaan 'n salarisverhoging van 5% ontvang, danksy 'n nuwe loonooreenkoms wat met die Voedsel- en Geallieerde Werkersunie gesluit is, gesteun deur die Ministerie van Industrialisasie en Handel. Inyemba Kamwi, senior konsultant vir strategie en projekte by die agentskap, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

