
Dís wat nodig is vir 75% indiensneming teen 2030
Loading player...
Om die ambisieuse doelwit van 'n 75 persent-indiensnemingsyfer teen 2030 onder die sesde nasionale ontwikkelingsplan te bereik sal uitdagend wees, maar nie buite bereik nie. In reaksie op president Netumbo Nandi-Ndaitwah se beleidsintervensies onder NDP6, het die Unam-ekonoom Omu Kakujaha-Matundu gesê 'n beduidende verskuiwing is moontlik indien sleutelstrategieë effektief geïmplementeer word. Dit geld veral die landbousektor. Kosmos 94.1 Nuus het met Kakujaha-Matundu gepraat.

