
Voormalige Air Nam-werkers wag steeds vir geld
Loading player...
Terwyl die regering voortgaan met planne om weer 'n nasionale lugredery op die been te bring, wag voormalige werknemers van Air Namibia steeds op hul volle skeidingspakkette. Dit is reeds meer as vier jaar nadat die nasionale lugredery in Februarie 2021 ophou vlieg het. Kosmos 94.1 Nuus het met Renier Bougaard, die woordvoerder van honderde geaffekteerde voormalige werknemers, gepraat vir 'n opdatering.

