
Saara verdaag rumoerige parlement twee dae in 'n ry
Loading player...
Onderonsies onder parlementslede het die eerste twee dae van die hervatting van die Nasionale Vergadering se sitting ontwrig en Speaker Saara Kuugongelwa-Amadhila genoop om dit vroeg te verdaag. Dinsdag se vroeë verdaging was ná ‘n hewige debat oor die reëls oor prosedures. Woensdag het Kuugongelwa-Amadhila verrigtinge verdaag ná ‘n stryery tussen Swapo- en opposisielede oor ‘n mosie om sittingsure te verleng.

