
Nato: Oekraïne kort sterk weermag, veiligheidswaarborge
Loading player...
President Vladimir Putin sê Rusland is bereid om te veg om al sy doelstellings te bereik as Oekraïne nie tot 'n ooreenkoms oor die oorlog instem nie. Hy het gepraat voordat hy na 'n vyfdaagse besoek uit China vertrek het. Putin het bygevoeg dat die Oekraïense president, Volodymyr Zelensky, hom te eniger tyd in Moskou kan ontmoet, wat onmiddellik deur Kiëf as onaanvaarbaar verwerp is. Mark Rutte, Nato se sekretaris-generaal, sê langdurige vrede sal net bewerkstellig word deur 'n sterk Oekraïnse weermag en veiligheidswaarborge deur Oekraïne se vennote.

