
Namibiese kinders baat ook by Ry vir Skoolgeld-veldtog
Loading player...
Die gewilde Suid-Afrikaanse kunstenaar Elvis Blue sê gerugte is gemeen dat fondse wat hy met sy Ry vir Skoolgeld-veldtog insamel, net kinders in Suid-Afrika gaan baat. Elvis Blue het Donderdag die Namibiese grens oorgesteek ná hy verlede Saterdag in Stellenbosch weggespring het. Sy tog van 1 500 km gaan in Windhoek eindig.

