
Gesondheid in staatskole 'n prioriteit, sê Steenkamp
Loading player...
Die veiligheid van leerders in staatskole is ‘n prioriteit vir die onderwysministerie, sê minister Sanet Steenkamp. Sy het Donderdag in die parlement terugvoering gegee oor die meer as 170 leerders van die Maria Mwengere Sekondêre Skool in Kavango-Oos wat vermoedelik voedselvergiftiging opgedoen het, waarvan 33 in die hospital beland het. Die oorsaak van die uitbreking is nog nie bekend nie, maar die ondersoek duur voort.

