
Kommer oor walviskarkas in strandmeer
Loading player...
Die karkas van 'n jong boggelrugwalvis wat in die Walvisbaai-strandmeer dryf, wek kommer en nuuskierigheid. Sterk noordewinde, wat Maandag die eerste keer naby die seiljagklub ervaar is, het die walvis die strandmeer ingestoot, waar dit sedertdien saam met die getye beweeg het. Naude Dreyer van Ocean Conservation Namibia het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit is onduidelik wat die walvis se dood veroorsaak het, maar sterftes is nie ongewoon nie.

