
Marelize-rolprent toon potensiaal van mede-produksies
Loading player...
Die onlangse sukses van ‘My F*k, Marelize’ – die Afrikaanse film oor ’n Namibiese gesin – word gesien as ’n belowende aanduiding van die potensiële sukses van medeproduksies tussen Suid-Afrika en Namibië. Die film het reeds meer as een miljoen Suid-Afrikaanse rand by die Suid-Afrikaanse loket verdien en is tans boaan die lys van gewildste films in Namibië. Joel Haikali van Joe Vision Productions, die Namibiese produksievennoot, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

