
Opul stoot produksie op, vraag is laag, so olieprys sal daal
Loading player...
Markonsekerheid vertroebel steeds die vooruitsigte vir globale oliepryse. Oliepryse het Maandag effens gestyg, gedryf deur toenemende kommer oor moontlike bykomende sanksies op Russiese ru-olie. Ekonoom Dawie Klopper het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hoewel 'n swakker dollar hoër kommoditeitspryse – insluitend olie – ondersteun het, verhoogde Opul-produksie, al is dit beskeie en verlangsamende vraag, veral in Amerika, tot 'n ooraanbod kan lei wat pryse afdruk.

