
Katar se eerste minister sê oor Doha-aanval
Loading player...
Israel se aanval op Hamas-leiers in Doha, die hoofstad van Katar, maak steeds opslae. Die eerste minister van Katar, Mohammed bin Abdulrahman bin Jassim Al Thani, het in 'n televisietoespraak gesê die VSA het hulle gewaarsku oor die aanval tien minute nadat dit begin het. Dit is ondanks die Withuis wat gesê het dat hulle Katar voor die tyd kennis gegee het van die komende aanval.

