
Epstein se verjaardagboek maak steeds opslae
Loading player...
Donald Trump is nie die enigste wat kleitrap weens sy vroeëre verbintenis met die veroordeelde pedofiel Jeffrey Epstein nie. Die Britse ambassadeur na Amerika, Lord Peter Mandelson, het aan Epstein gesê om “te veg vir vroeë vrylating” en het geskryf: “Jou vriende bly by jou en is lief vir jou”, toe die gevalle finansier tereggestaan het op aanklagte van die verkryging van 'n kind vir prostitusie, volgens uitgelekte e-posse. Mandelson het reeds vroeër verklaar dat hy spyt is dat hy ooit aan Epstein voorgestel is. Hy het dit herhaal in 'n onderhoud met die BBC.

