
Shikongo, NDF sê oor wapensmokkelary na Wes-Kaap
Loading player...
Die smokkel van polisie en weermag wapens na Suid-Afrika bly in die nuus. In tussen het agt verdagtes stil-stil in Augustus verskyn in die hoofstad in verband met die smokkel van AK-47s. Ten spyte van talle pogings om kommentaar by luitenant-generaal Joseph Shikongo te kry, het hy en brigadier-generaal Fillimon Shafashike, stafhoof vir beleid en planne in die Namibiese weermag, ‘n onderhoud aan die NBC toegestaan. Shikongo sê die arrestasie van die agt kom na die buurland se owerhede hulle in kennis gestel het. Hy voeg by die smokkelary is ‘n bron van kommer.

