
Geen plan teen bendegeweld in Kaapstad
Loading player...
Die GOOD-party sê daar is geen behoorlike plan in Kaapstad om bendegeweld te hanteer nie. Syfers toon 81 persent van alle moorde in die provinsie word in Kaapstad gepleeg. Een uit elke vyf moorde hou verband met bendegeweld. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê meer as ʼn jaar nadat die Wes-Kaapse regering en die Stad Kaapstad ʼn samewerkingsooreenkoms met die polisie onderteken het, is die beloofde gesamentlike reaksie op misdaad steeds net op papier:

