
Onwettige verbindings gevaarlik, maan CoW
Loading player...
Desperate inwoners van Windhoek se informele nedersettings bou onwettige toilette en tap by kraglyne in en sê hulle het geen ander keuse nie. Om rivierbeddings te gebruik om hulself te verlig het gevaarlik geword, met misdadigers wat hulle snags teiken. In Otjomuise het 'n vrou haar eie toilet vir 4 000 Namibiese dollar gebou en beweer dat die stad se twee openbare toilette altyd stukkend of beset is. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die woordvoerder van die Stad Windhoek, Lydia Amutenya, gewaarsku dat hierdie onwettige verbindings gevaarlik is en die behoorlike uitrol van dienste vertraag. Sy brei uit.

