
Steve Biko se dood gaan geregtelik ondersoek word
Loading player...
Die Nasionale Vervolgingsgesag het bevestig 'n geregtelike doodsondersoek na die dood van die anti-apartheidsaktivis Steve Biko in 1977, sal Vrydag heropen word. Biko is dood in polisie-aanhouding in Pretoria ná beweerde marteling. Die NVG se streekswoordvoerder, Luxolo Tyali, sê die geregtelike doodsondersoek, ondersteun deur die Ministerie van Justisie, is daarop gemik om vorige ongeregtighede aan te spreek en afsluiting aan die Biko-familie en die nasie te bied:

