
Polisie het beeldmateriaal van verdagte in Charlie Kirk-moord
Loading player...
In Amerika het speurders nog nie die persoon gevind wat die konserwatiewe jeugleier, Charlie Kirk, vermoor het nie, maar hulle het beeldmateriaal van hom. Die FBI het ook aangekondig dat hulle 'n wapen herwin het wat hulle meen die moordwapen is. 'n FBI agent, Robert Bohls, het aan die media gesê dit is 'n hoë kaliber grendel-aksiegeweer. Speurders sê hulle gebruik tegnologie om 'n naam aan die gesig te koppel. Intussen sê die voormalige Kongres-personeellid Eric Ham dat politieke geweld in die VSA beide links en regs beïnvloed.

