
N$600 m se staatseffekte op NSX verhandel
Loading player...
Meer as 600 miljoen Namibiese dollar se staatseffekte is Woensdag op die Namibiese Aandelebeurs verhandel, die grootste verhandeling in staatseffekte in ‘n enkele dag in die geskiedenis van die NSX. Die uitvoerende hoof van die beurs, Tiaan Bazuin, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit is danksy ‘n doeltreffende verhandelingstelsel vir effekte wat twee jaar gelede ingestel is.

