
Amupanda beweer AR-lid in NV aangerand
Loading player...
Chaos wat Donderdag in die parlement uitgebreek ná ‘n onderonsie tussen die AR-leier Job Amupanda en Speaker Saara Kuugongelwa-Amadhila, maak steeds opslae. Ná hy en nog ‘n AR-parlementslid, Tuhafeni Kalola, hardhandig uit die Nasionale Vergadering verwyder is, moes Kalola mediese behandeling kry, het Amupanda die Huis meegedeel ná verrigtinge hervat is.

