
Kom bloei 'n bietjie: Dis vir 'n goeie doel!
Loading player...
Die Bloedoortappingsdiens van Namibië bied môre "Engine Bleed: The Ultimate Blood Drive" aan by The Old Wheelers Club, wat motorentoesiaste verenig vir 'n belangrike saak. Otjiwarongo-skenkers word ook aangemoedig om komende klinieke by te woon, insluitend die hoofinsameling by die C'est Si Bon Hotel op 17 en 18 September, met bykomende klinieke by die Otjiwarongo-munisipaliteit, Paresis Sekondêre Skool en Otjiwarongo Hoërskool. Kosmos 94.1 het met Frieda Vatileni-Asino, 'n opleidingsbeampte by die Bloedoortappingsdiens, gepraat.

