
Herrie los in Brittanje ná afdanking van ambassadeur
Loading player...
Die vonke spat in Brittanje na die afdanking van die ambassadeur na Amerika, Lord Peter Mandelson. Mandelson is in die pad gesteek oor sy sterk verbintenis met Jeffrey Epstein, maar hy word ook die “Trump whisperer” genoem. Dit is weens sy goeie verhouding met die Amerikaanse president, wat ook 'n vriend van Epstein was. Die voorsitter van die opposisie Konserwatiewe Party, Kevin Hollinrake, sê eerste minister Keir Starmer, van die Arbeidersparty, moet sy huis in orde kry.

