
Moenie Stad Windhoek se fondse weggee, vra aktivis
Loading player...
Die Stad Windhoek gaan na verwagting meer as 250 miljoen dollar verloor wat vir die opgradering van informele nedersettings toegeken is. Die Stedelike en Landelike Ontwikkelingminister, James Sankwasa, het die stad se toewysing van 750 miljoen dollar met 34 persent verminder. Sankwasa verwys na swak samewerking en stadige lewering en sê die fondse sal na meer "ontvanklike" plaaslike owerhede gaan. Maar die aktivis Shaun Gariseb doen 'n beroep op die regering om die geld in Windhoek te hou. Gariseb het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

