
Trump-tariewe 'kan Indië na Rusland dryf'
Loading player...
John Bolton, 'n Amerikaanse politikus en voormalige ambassadeur na die Verenigde Nasies, het met Brittanje se Times Radio gepraat oor die verslegtende verhouding tussen die VSA en Indië. Dit kom na president Donald Trump invoertariewe van 50 persent op Indië gehef het, en Indiese premier Narendra Modi die Chinese leier Xi Jinping in Beijing besoek het terselftertyd as Russiese president Vladimir Putin en Noord-Korea se Kim Jong-Un. Bolton sê die gevaar is dat Indië terug na Rusland sal draai.

