Curro Nelspruit haal Top 20 in Afrikaans 100 Skoolkompetisie

Loading player...
Curro Nelspruit is aangewys as een van die Top 20 finaliste in die Afrikaans100-kompetisie. Hulle is die enigste Curro-skool in Suid-Afrika wat dit gemaak het, en een van net twee skole in Mpumalanga wat op die lys verskyn. Onderwysers Marietjie Viljoen, Elmarie Bouwer en Ruval Gouws kuier in die ateljee.
5 Nov 2025 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Tradition Transformed vertoon kunsvlyt se evolusie

Tradition Transformed kyk na hoe Suid-Afrikaanse kunsvlyt in moderne ontwerp verander, met 30 kunswerke wat vars, kreatiewe benaderings tot tradisionele vaardighede toon. Dit is alles by vanjaar se Innibos. John Anthony Boerma vertel meer.
29 Jun 5 min

Spanning, satire, humor op die Innibos-spyskaart

Badprop Produksies het vanjaar twee komedies op die planke by die Toyota Innibos. Johan van der Merwe en Ignatius van Heerden gesels met Laeveld Brunch oor Pampelmoesmampoer en Tronk met 'n D.
29 Jun 16 min

Laeveld Jeugkoor tot stand gebring

Die Laeveld Jeugkoor is redelik onlangs op die been gebring en hulle soek nog sangers om by hulle aan te sluit. Elet Kruger gesels saam met Johann Oosthuizen en Zoë Grové met die Middag Game Drive.
29 Jun 9 min

Laeveld JOC paraat vir demonstrasies

Wat kan ons môre te wagte wees wanneer March and March se "spertyd" vir onwettige immigrante om die land te verlaat verstryk? Frank Swanepoel van die Laeveld JOC gesels met Sonop Ontbyt.
29 Jun 8 min