Stefan Ludik: Mens of Masjien? Die AI-Debat in Musiek

Loading player...
Stefan Ludik gesels oor sy nuutste vrystelling, “Trou Met My”, en ’n kreatiewe proses wat die musiekbedryf laat kopkrap.

Stefan het nuwe liedjies geskryf, ou demo’s afgestof en dit met behulp van kunsmatige intelligensie laat remix en vervaardig. Die resultaat is nou op al die groot musiekplatforms beskikbaar - maar dit bring belangrike vrae na vore.

Is dit steeds “egte” musiek as AI help met die produksie?
Waar trek ’n kunstenaar die lyn tussen tegnologie en talent?
En hoe voel hy oor die kritiek rondom AI in die musiekbedryf?

Ons praat eerlik oor kreatiwiteit, innovasie en die toekoms van musiek. Skakel in en vorm jou eie mening: Is jy vir of teen AI in musiek?
19 Feb 11PM Afrikaans South Africa Arts

Other recent episodes

Jean-Louis gesels met Jackie Gertze oor die Sokkerwêreldbeker

Jean-Louis gesels met Jackie Gertze, hoof van die Women's Desk by die Namibia Football Association en 'n baanbreker vir vrouesokker in Namibië, oor die Sokkerwêreldbeker. As voormalige nasionale speler deel sy haar insigte oor die toernooi, die ontwikkeling van die sport en die groei van vrouesokker.
26 Jun 4AM 8 min

Jean-Louis gesels oor die Sokkerwêreldbeker met Isack Hamata

In hierdie episode gesels Jean-Louis met Isack Hamata oor die Sokkerwêreldbeker en die groter wêreld van sokker. Isack is ’n Namibiese sokkeradministrateur en sportontleder met ’n sterk agtergrond as voormalige sportjoernalis. Hy is bekend vir sy diep kennis van die spel en deel insiggewende ontleding oor internasionale sokker, asook sy…
25 Jun 9AM 9 min

Jean-Louis gesels oor die Sokkerwêreldbeker met Jacques du Toit

In hierdie episode gesels Jean-Louis met Jacques du Toit, ’n Namibiese sosiale sokkerspeler wat vir Alte Herren van DTS (Deutsche Turn- und Sportverein) in Windhoek speel. Jacques deel sy liefde vir sokker, sy unieke reis in die sport nadat hy eers op 27 begin speel het, en sy perspektief op…
24 Jun 5AM 7 min