Internasionale Moedertaaldag: Is Afrikaans Veilig in ’n Digitale Wêreld?

Loading player...
Môre word Internasionale Moedertaaldag wêreldwyd gevier – ’n inisiatief deur UNESCO om die waarde van moedertale te erken en taalkundige en kulturele diversiteit te bevorder. Die dag herdenk die studente van Bangladesj wat in 1952 hul lewens gegee het vir die reg op moedertaalonderrig – ’n geskiedenis wat ons herinner hoe kosbaar taal werklik is.

Vandag fokus ons op Afrikaans as moedertaal. Is dit veilig? Of verkeer dit onder toenemende druk? Ons ondersoek die mite dat moedertaalonderrig mense eentalig maak en bespreek hoe dit juis ’n stewige grondslag lê vir die aanleer van ander tale.

Met die 2026-tema wat die gebruik van tegnologie vir veeltalige onderrig beklemtoon, kyk ons ook na die rol van sosiale media, stromingsdienste en digitale platforms: Kan tegnologie nuwe lewe in Afrikaans blaas? En watter praktiese stappe kan gewone mense neem om die taal te beskerm en lewenskragtig uit te bou?

’n Diepgaande gesprek oor taal, identiteit en die toekoms van Afrikaans in ’n vinnig-veranderende wêreld.
20 Feb 12AM Afrikaans South Africa Arts

Other recent episodes

Jean-Louis gesels met Jackie Gertze oor die Sokkerwêreldbeker

Jean-Louis gesels met Jackie Gertze, hoof van die Women's Desk by die Namibia Football Association en 'n baanbreker vir vrouesokker in Namibië, oor die Sokkerwêreldbeker. As voormalige nasionale speler deel sy haar insigte oor die toernooi, die ontwikkeling van die sport en die groei van vrouesokker.
26 Jun 4AM 8 min

Jean-Louis gesels oor die Sokkerwêreldbeker met Isack Hamata

In hierdie episode gesels Jean-Louis met Isack Hamata oor die Sokkerwêreldbeker en die groter wêreld van sokker. Isack is ’n Namibiese sokkeradministrateur en sportontleder met ’n sterk agtergrond as voormalige sportjoernalis. Hy is bekend vir sy diep kennis van die spel en deel insiggewende ontleding oor internasionale sokker, asook sy…
25 Jun 9AM 9 min

Jean-Louis gesels oor die Sokkerwêreldbeker met Jacques du Toit

In hierdie episode gesels Jean-Louis met Jacques du Toit, ’n Namibiese sosiale sokkerspeler wat vir Alte Herren van DTS (Deutsche Turn- und Sportverein) in Windhoek speel. Jacques deel sy liefde vir sokker, sy unieke reis in die sport nadat hy eers op 27 begin speel het, en sy perspektief op…
24 Jun 5AM 7 min