MPO roep melkboere saam om planne te maak

Loading player...
Die Melk Produsente Organisasie in die Vrystaat hou volgende week, 4 May, in Senekal, ‘n belangrike vergadering met die doel om produsente die geleentheid te bied om koppe bymekaar te sit om oplossings te vind vir die moelike tye waarin hully hulle tans bevind. OFM-nuus se landbou redakteur Sabrina Dean het hierdie week met die Vrystaatse voorsitter van die organisasie, Gideon Lamprecht, gesels oor dié vergadering, sowel as roete vergaderings op 10, 11 en 12 Mei. Lamprecht sê binnelandse melk produsente het regtig houe geneem die afgelope tyd met die knyptang van hoe voer pryse, onder meer, wat baie boere uit besigheid gesit het. Hy sê alhoewel dit ‘n groot uitdaging gaan wees vir melk boere om te oorleef, glo hy daar is steeds ‘n goeie toekoms in die bedryf:
27 Apr 2016 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusenteorganisasie

Die rooivleisbedryf gaan gebuk onder verskeie uitdagings, waaronder die uitbreking van bek-en-klouseer, wat nou in al nege van die land se provinsies bevestig is. OFM Agri het onlangs gesels met die uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, Dr Frikkie Maré, oor hoe dit tans gaan met die bedryf sowel as oor…
9 Mar 8PM 5 min