Melkmanne aangeraai om beheer uit te oefen waar dit moontlik is

Loading player...
OFM-nuus se landbouredakteur, Sabrina Dean, het verlede week met die hoof uitvoerende bestuurder van die Melkprodusente-organisasie, dr. Chris van Dijk, gesels oor ‘n strategiese vergadering wat onlangs in Kroonstad gehou is. Hy vertel hulle het gekyk na verskillende aspekte wat wissel van die politiek en die uitwerking daarvan op produsente, tot die plaasvlak-elemente wat boere kan beheer. Hy sê planne sluit in om die volledige melkwaardeketting te ontleed. Hy gesels ook oor elemente soos om mielies te verskans om voerkoste beter te kan bestuur, probleme met vervoer, probleme met melktoetse en meer…
20 Jun 2016 8PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusenteorganisasie

Die rooivleisbedryf gaan gebuk onder verskeie uitdagings, waaronder die uitbreking van bek-en-klouseer, wat nou in al nege van die land se provinsies bevestig is. OFM Agri het onlangs gesels met die uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, Dr Frikkie Maré, oor hoe dit tans gaan met die bedryf sowel as oor…
9 Mar 8PM 5 min