GABM-stigter gesels oor droogtehulp-aanbod

Loading player...
‘n Organisasie genaamd die Global Association of Billionaires and Millionaires het onlangs via sosiale media bekend gemaak dat hulle R1 miljard se befondsing vir droogtegeteisterde boere beskikbaar wil stel. GABM het egter vereis dat die regering moes voldoen aan sekere opskortbare voorwaardes en het ook die samewerking van georganiseerde landbou geëis. OFM-nuus se landbouredakteur, Sabrina Dean, het laat verlede week met GABM se stigter en voormalige president, Mark Paulsmeier, gesels. Hy vertel die droogtehulp-aanbod is gekanselleer omdat die regering nie teen die 6 Julie-sperdatum die nodige dokumentasie verskaf het en samewerking met GABM bevestig het nie. In hierdie uittreksel uit die volledige gesprek gesels Paulsmeier ook oor die virtuele geldeenheid wat in Rande sou oorgeskakel moes word om die boere te kan help.
11 Jul 2016 8PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusenteorganisasie

Die rooivleisbedryf gaan gebuk onder verskeie uitdagings, waaronder die uitbreking van bek-en-klouseer, wat nou in al nege van die land se provinsies bevestig is. OFM Agri het onlangs gesels met die uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, Dr Frikkie Maré, oor hoe dit tans gaan met die bedryf sowel as oor…
9 Mar 8PM 5 min