VL kongres focus op visionêre toekoms vir landbou

Loading player...
OFM-nuus se landbouredakteur, Sabrina Dean, gesels vandag met Vrystaat Landbou se hoof- uitvoerende beampte, Henk Vermeulen, oor Vrystaat Landbou se kongres wat op 10 en 11 Augstus in Bloemfontein plaasvind. Vermeulen sê vanjaar se tema behels die visionêre toekoms van landbou. Hy gee vanoggend ‘n voorsmakie van die drie kernaspekte waarop sprekers gaan fokus en wat boere in ag moet neem tydens posisionering, naamlik veiligheid, grondkwessies en persepsies oor boere se beeld in die algemeen. Daar is ook vanjaar ‘n herverkiesing vir president en visie-president, sowel as verkiesings vir sekere streekverteenwoordigers.
17 Jul 2016 8PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusenteorganisasie

Die rooivleisbedryf gaan gebuk onder verskeie uitdagings, waaronder die uitbreking van bek-en-klouseer, wat nou in al nege van die land se provinsies bevestig is. OFM Agri het onlangs gesels met die uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, Dr Frikkie Maré, oor hoe dit tans gaan met die bedryf sowel as oor…
9 Mar 8PM 5 min