Before Dawn, 1 September 2017, VL oor drama met werkers op Wesselsbron

Loading player...
In die week het ’n bom op Wesselsbron gebars oor seisoenwerkers wat na bewering in haglike omstandighede op ’n wildplaas gehuisves is om op plase mieliekoppe op klaargestroopte lande op te tel. Bewerings word gemaak dat die man die werkers van Noordwes soos slawe behandel het, kinders as arbeiders ingespan het en van die werkers nie betaal het nie. Vrystaat Landbou- uitvoerende hoof, Henk Vermeulen, sê sulke voorvalle gee landbouers ’n slegte naam. Hy sê die man wat die werkers gehuisves het, is nie ’n boer of lid van georganiseerde landbou nie, maar sê hy is 'n arbeidsmakelaar wat ’n huis op die wildplaas huur. Omdat boere se naam deur die modder gesleep is, het Vrystaat Landbou as middelman toegetree vir gesprekke tussen die partye en die departement van arbeid. Vermeulen het gister op ’n mediakonferensie gesê VL het die departement van arbeid gevra vir riglyne en regulasies om die probleme rondom seisoenarbeid vir eens en altyd op te los. Wesselsbron, seisoenwerkers, Vrystaat Landbou, Henk Vermeulen, kinderarbeid, slavery, child labour, arbeid, Department of Labour.
31 Aug 2017 10PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusenteorganisasie

Die rooivleisbedryf gaan gebuk onder verskeie uitdagings, waaronder die uitbreking van bek-en-klouseer, wat nou in al nege van die land se provinsies bevestig is. OFM Agri het onlangs gesels met die uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, Dr Frikkie Maré, oor hoe dit tans gaan met die bedryf sowel as oor…
9 Mar 8PM 5 min