Before Dawn 28 Januarie Annelize Crosby

Loading player...
Dit is gevaarlik om die reg van individue om teen die mag van die staat beskerm te word, weg te neem, want daarsonder is daar geen waarborge dat die staat regmatig gaan optree nie. Dit is volgens Agri SA se hoof van grondsake, Annelize Crosby, wat meen die Grondwet bevat juis daarom 'n klousule dat mense ten alle tye vrye toegang tot die howe het. Sy sê dit is ook in Artikel 25 van die Grondwet vervat dat indien daar ‘n dispuut oor vergoeding by onteiening is, sal die howe uiteindelik die vergoedingsbedrag bepaal. Crosby se reaksie kom nadat pres. Cyril Ramaphoasa ná die ANC se lekgotla bekendgemaak het dié party wil hê die uitvoerende gesag en nié die howe nie moet 'n vergoedingsbedrag bepaal, indien grond onteien word. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Crosby gepraat…
27 Jan 2020 7PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusenteorganisasie

Die rooivleisbedryf gaan gebuk onder verskeie uitdagings, waaronder die uitbreking van bek-en-klouseer, wat nou in al nege van die land se provinsies bevestig is. OFM Agri het onlangs gesels met die uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, Dr Frikkie Maré, oor hoe dit tans gaan met die bedryf sowel as oor…
9 Mar 8PM 5 min