Veilingshuis pas streng veilingheidsmaatreëls toe op lewende hawe veilings

Loading player...
Die afslaershuis, André Kock en Seun in die Vrystaat, gee sy versekering dat alle veiligheidsregulasies soos deur die regering vereis word, by sy weeklikse veilings van lewende hawe in Kroonstad, toegepas word. Veilings van lewende hawe kan voortgaan tydens die nasionale inperking weens die koronavirus, want dit is deel van die landboubedryf, wat deur die regering as 'n essensiële diens geklassifiseer word. Die nodige higiëne is van groot belang, 'n veilige afstand moet gehandhaaf word en daar mag nie meer as 'n honderd mense by 'n veiling byeen wees nie. Willie Wille, eienaar, van dié veilingshuis in die provinsie, sê, daar is op 24 Maart 'n veiling by hul veilingskraal in Kroonstad gehou en 'n boer, wat later positief getoets het vir die Covid-19-virus, het die veiling bygewoon. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Wille gepraat...
5 Apr 2020 8PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusenteorganisasie

Die rooivleisbedryf gaan gebuk onder verskeie uitdagings, waaronder die uitbreking van bek-en-klouseer, wat nou in al nege van die land se provinsies bevestig is. OFM Agri het onlangs gesels met die uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, Dr Frikkie Maré, oor hoe dit tans gaan met die bedryf sowel as oor…
9 Mar 8PM 5 min