Covid-19-regeringshulp: Wat van kommersiële boere, vra TLU SA?

Loading player...
TLU SA is diep bekommerd oor die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling se Covid-19-ingryping om R1,2 miljard se hulp aan hoofsaaklik kleinboere te verleen. Dié organisasie se hoofbestuurder, Bennie van Zyl, sê dit wil voorkom of ideologie en politiek nog seëvier in die krisistyd. Van Zyl meen miljoene rande se hulp word aan kleinboere verskaf, terwyl kommersiële boere aan die agterspeen suig en moet staatmaak op lenings by die Landbank of kommersiële banke. Dit terwyl die kommersiële bedryf hoofsaaklik verantwoordelik is vir die grootste gedeelte van Suid-Afrika se kosproduksie. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Van Zyl gepraat...
7 Apr 2020 8PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusenteorganisasie

Die rooivleisbedryf gaan gebuk onder verskeie uitdagings, waaronder die uitbreking van bek-en-klouseer, wat nou in al nege van die land se provinsies bevestig is. OFM Agri het onlangs gesels met die uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, Dr Frikkie Maré, oor hoe dit tans gaan met die bedryf sowel as oor…
9 Mar 8PM 5 min