DA ontevrede oor die regering se eensydige Covid-19-hulpverlening aan kleinboere

Loading player...
Die DA in die Noord-Kaap verwelkom die nasionale departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling se poging om Covid-19-hulp aan opkomende klein- en bestaansboere in die vorm van R1,2 miljard, te verleen. Provinsiale leier van dié party, Andrew Louw, sê dit is goed dat die regering dié boere wil help om van die grond af te kom, maar dit is ook belangrik vir die DA om seker te maak die regering gee nie slegs voorkeur aan sekere boere nie. Hulp moet aan boere deur die bank verleen word. Dit sluit veral kommersiële boere in. Die aansoekproses vir die departement se Covid-19-ingryping vir opkomende kleinboere het gister begin en duur tot 22 April. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Louw gepraat...
8 Apr 2020 8PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusenteorganisasie

Die rooivleisbedryf gaan gebuk onder verskeie uitdagings, waaronder die uitbreking van bek-en-klouseer, wat nou in al nege van die land se provinsies bevestig is. OFM Agri het onlangs gesels met die uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, Dr Frikkie Maré, oor hoe dit tans gaan met die bedryf sowel as oor…
9 Mar 8PM 5 min