RPO: Lewende hawe veilings is deel van essensiële rooivleisproduksie

Loading player...
Die Rooivleisprodusente-organisasie, RPO, het die onsekerheid, wat daar heers, rondom die aanbied van veilings van lewende hawe, tydens die nasionale Covid-19-grendeltydperk, reeds onder die aandag van die minister van landbou, Thoko Didiza, gebring. Dit kom nadat dié organisasie klagtes ontvang het oor voorvalle waar die polisie glo gedreig het om dié veilings te stop. Gerhard Schutte, uitvoerende hoof van die RPO, sê die polisie doen goeie werk en tree volgens direktiewe op, maar dit is duidelik dat landbou en spesifiek rooivleisproduksie ‘n essensiële diens in die hele waardeketting is. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het vroeër vandeesweek met hom gepraat...
22 Apr 2020 8PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusenteorganisasie

Die rooivleisbedryf gaan gebuk onder verskeie uitdagings, waaronder die uitbreking van bek-en-klouseer, wat nou in al nege van die land se provinsies bevestig is. OFM Agri het onlangs gesels met die uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, Dr Frikkie Maré, oor hoe dit tans gaan met die bedryf sowel as oor…
9 Mar 8PM 5 min