Saai sê wildbedryf kan kos verskaf

Loading player...
Saai, die netwerk, wat hoofaaklik na die belange van familieboere omsien, kap ook die EMS-stigting se versoeke om die slagting asook die eet van wildsvleis en die uitvoer daarvan in Suid-Afrika te staak. Dié stigting versoek nou van die Suid-Afrikaanse regering om 'n moratorium te plaas op die verbruik van wildsvleis, glo te midde van die Covid-19-inperking en die moontlikheid dat dit van wilde diere oorgedra kan word. Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai, sê dié stigting wil homself bevoordeel sonder om vaste beginsels in ag te neem. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
26 Apr 2020 8PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusenteorganisasie

Die rooivleisbedryf gaan gebuk onder verskeie uitdagings, waaronder die uitbreking van bek-en-klouseer, wat nou in al nege van die land se provinsies bevestig is. OFM Agri het onlangs gesels met die uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, Dr Frikkie Maré, oor hoe dit tans gaan met die bedryf sowel as oor…
9 Mar 8PM 5 min