#AgriSA 'n Duidelike begrip oor die landbouwaardeketting is nodig in SA

Loading player...
Betrokkenes in die landboubedryf se harde werk agter die skerms om die landbouwaardeketting ongesteurd te laat, het vrugte afgewerp. Omri van Zyl, uitvoerende hoof van Agri SA, sê daar is uit verskeie landbougeledere voorstelle aan die regering gemaak ten opsigte van sekere regulasies van die staat van inperking weens die Covid-19-virussiekte. Die meeste van dié voorstelle is deur die regering aanvaar, wat verblydend is. Hy sê in die meeste gevalle kan die landbouwaardeketting nou voortgaan, maar wyn, drank en tabak bedrywe word steeds geraak en veroorsaak 'n vertraging in die ketting. Dit kan Suid-Afrika duur te staan kom. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
3 May 2020 8PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusenteorganisasie

Die rooivleisbedryf gaan gebuk onder verskeie uitdagings, waaronder die uitbreking van bek-en-klouseer, wat nou in al nege van die land se provinsies bevestig is. OFM Agri het onlangs gesels met die uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, Dr Frikkie Maré, oor hoe dit tans gaan met die bedryf sowel as oor…
9 Mar 8PM 5 min