#Agri SA: Inisiatiewe om droogtehulp te verleen bring hoop

Loading player...
Boere ondervind steeds uitdagings ten opsigte van droogtehulp en die interpretering van die Covid-19-regulasies en die uitvoering daarvan deur polisiebeamptes. Dit sluit in toegang tot permitte en onkunde oor die permitstelsel vir reisdoeleindes. Andrea Campher, ramprisko-bestuurder by Agri SA, sê boere se veiligheid is noodsaaklik en die verbod op die patrollering deur plaaswagte in landelike gebiede, skep 'n onveilige situasie. Sy sê Agri SA is nietemin dankbaar vir Engen se samewerking ten opsigte van droogtehulp aan boere. Vir elke liter olie wat deelnemende Engen-ondernemings oor die land heen verkoop sal R1 tot Agri SA se droogtehulpfonds bygedra word. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met haar gepraat.
20 May 2020 8PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusenteorganisasie

Die rooivleisbedryf gaan gebuk onder verskeie uitdagings, waaronder die uitbreking van bek-en-klouseer, wat nou in al nege van die land se provinsies bevestig is. OFM Agri het onlangs gesels met die uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, Dr Frikkie Maré, oor hoe dit tans gaan met die bedryf sowel as oor…
9 Mar 8PM 5 min