Droogte se impak raak aanbod van wol op mark steeds

Loading player...
Die wol wat ontvang is in makelaars se pakhuise op die mees onlangse nasionale wolveiling in Port-Elizabeth was laer teenoor die ooreenstemmende tydperk van die vorige seisoen. Heindrich Victor, bestuurder van veselbemarking en spesiale dienste by OVK, meen daar is verskeie faktore wat daartoe bydra. Die belangrikse daarvan is die droogtesituasie in sommige produksiegebiede in die land. Hy sê die nadraai van die droogte die vorige seisoen, duur nog in sekere gebiede voort en word selfs as die ergste in menseheugenis beskou. Skeertye wat deur boere aangeskuif is weens die nasionale Covid-19-inperkingstydperk het ook 'n rol gespeel. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Victor gepraat...
24 May 2020 8PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusenteorganisasie

Die rooivleisbedryf gaan gebuk onder verskeie uitdagings, waaronder die uitbreking van bek-en-klouseer, wat nou in al nege van die land se provinsies bevestig is. OFM Agri het onlangs gesels met die uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, Dr Frikkie Maré, oor hoe dit tans gaan met die bedryf sowel as oor…
9 Mar 8PM 5 min