Vrystaat Landbou skud sy kop vir die nasionale energiereguleerder (Nersa)

Loading player...
Vrystaat Landbou (VL) het sy teleurstelling uitgespreek in die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika, Nersa, wat die nasionale kragvoorsiener, Eskom, se prysverhogings goedgekeur het. Francois Wilken, president van VL, sê dié organisasie doen al etlike jare voorleggings en rig vertoë in openbare verhore van Nersa om die verhoging van tariewe, wat bo inflasie strek, teen te staan. Dit kom nadat Nersa nou goedgekeur het dat Eskom sy verlies van die 2018/19-boekjaar kan verhaal deur om tariewe vir die volgende boekjaar by te heg. Dit kom neer op 'n verhoging van 6,5%. Wilken sê dit kom nou op 'n slegte tydstip vir die landboubedryf. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
24 May 2020 8PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusenteorganisasie

Die rooivleisbedryf gaan gebuk onder verskeie uitdagings, waaronder die uitbreking van bek-en-klouseer, wat nou in al nege van die land se provinsies bevestig is. OFM Agri het onlangs gesels met die uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, Dr Frikkie Maré, oor hoe dit tans gaan met die bedryf sowel as oor…
9 Mar 8PM 5 min