Bibberweer in groot deel van die sentrale binneland klaar op teen naweek

Loading player...
'n Groot deel van die sentrale binneland ervaar sedert Dinsdag ysige oggendtemperature met lae maksimum dagtemperature. Elani Heyneke, 'n voorspeller van die die Suid-Afrikaanse Weerdiens se Bloemfontein-kantoor, sê dié bibberweer begin egter in sekere dele nou opklaar vanaf vandag. Sy sê die koue weerstoestande is weens 'n koue front wat vanuit die suidwestelike deel van die land inbeweeg het. Geen sneeu het in die Oos-Vrystaat voorgekom nie, ondanks verskeie foto's wat op sosiale media versprei is oor sneeuneerslae in gebiede in die oostelike deel van die Vrystaat en op die Lesotho-berge. Volgens haar was daar wel sneeu oor die hoogliggende dele van die Oos-Kaap by Barkley-Oos en by Sutherland. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met haar gepraat...
27 May 2020 8PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusenteorganisasie

Die rooivleisbedryf gaan gebuk onder verskeie uitdagings, waaronder die uitbreking van bek-en-klouseer, wat nou in al nege van die land se provinsies bevestig is. OFM Agri het onlangs gesels met die uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, Dr Frikkie Maré, oor hoe dit tans gaan met die bedryf sowel as oor…
9 Mar 8PM 5 min