Moontlike samesmelting tussen twee agri-besighede in sentrale binneland vorder goed

Loading player...
Die proses vir die moontlike samesmelting tussen die agribesighede, Senwes en Suidwes Landbou, vorder goed. Die groep uitvoerende beampte van Suidwes Landbou, dr. Herman van Schalkwyk, sê dié groep se algemene jaarvergadering wat Vrydag plaasgevind het, het goed afgeloop met 'n goeie uitslag ten gusnte van die samesmelting. Suidwes Landbou se aandeelhouers was ten gunste van dié almalgamasie. Van Schalkwyk sê die mededingingskomissie moet egter nou besluit daaroor, maar hulle is hoopvol om 'n antwoord in die komende twee weke van dié komissie te ontvang. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
3 Jun 2020 8PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusenteorganisasie

Die rooivleisbedryf gaan gebuk onder verskeie uitdagings, waaronder die uitbreking van bek-en-klouseer, wat nou in al nege van die land se provinsies bevestig is. OFM Agri het onlangs gesels met die uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, Dr Frikkie Maré, oor hoe dit tans gaan met die bedryf sowel as oor…
9 Mar 8PM 5 min