AGRI SA: Veediefstal neem toe weens inperkingsverbod op plaaswagte

Loading player...
Die VF Plus se leier, dr. Pieter Groenewald, het die polisie se aankondiging dat buurt- en plaaswagte weer toegelaat gaan word om gebiede te patrolleer, verwelkom. Hy sê dit is egter steeds frustrerend dat die polisie dit só laat bekendgemaak het. Volgens hom is dié betrokke regulasie meer as nege dae gelede deur die minster van samewerkende regering en tradisionele sake, dr. Nkosazana Dlamini Zuma, uitgevaardig. Hy sê buurt- en plaaswagte sou ingevolge dié Covid-19-regulasie weer voortgaan met patrollering, maar daar het verwarring daaroor geheers, wat nou eers met dié polisie-kennisgewing, uit die weggeruim is. Intussen sê Tommie Esterhuyse, voorsitter van landelike veiligheid by Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid, daar was sporadies 'n toename in veediefstal in sekere fokusgebiede die afgelope paar maande. Hy skryf dit toe aan die regering se verbod op die patrollering van gebiede deur plaaswagte, tydens die eerste twee vlakke van die Covid-19-grendeltydperk. Volgens hom bly bloere egter verantwoordelik vir hul veiligheid en hulle moet voortdurend hul paraatheid opskerp. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
7 Jun 2020 8PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusenteorganisasie

Die rooivleisbedryf gaan gebuk onder verskeie uitdagings, waaronder die uitbreking van bek-en-klouseer, wat nou in al nege van die land se provinsies bevestig is. OFM Agri het onlangs gesels met die uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, Dr Frikkie Maré, oor hoe dit tans gaan met die bedryf sowel as oor…
9 Mar 8PM 5 min